Klawer: Nuus van die plaaslike wynkelder is dat hulle “straw wine” van die vlagskipreeks, Villa Esposo, baie goed presteer. Dit het reeds ‘n toekenning van Tim Atkin gekry as Beste Waarde Soetwyn van die Jaar. Platter gee hulle 4.5 sterre en die wyn is genooi om deel te wees van ‘n blindproe later die jaar vir moontlike 5 ster toekenning. Die wynmaker is Tiaan van Zyl en die druiwe vir die lieflike wyn kom van Basie van Lille van Arbeidseind. Die wyn reeds proe-gereed by Klawer Wines, so gaan maak gerus daar ‘n draai en geniet!