Wyk uit na die Weskus! (Weg!)

Here are some of SA’s favourite wine tasting rooms (Visit SA Winelands)
January 16, 2020
TRAVEL ITINERARY NAMAQUA WEST COAST
March 2, 2020
Show all

Wyk uit na die Weskus! (Weg!)

Deur Toast Coetzer (saamgestel) 18 Maart 2019 Uitgawe April 2019

Die Weskus is ’n hartsbestemming eerder as ’n plek met ’n rits doendinge. Hierlangs moet jý ’n bietjie
aanpas – jou tempo verstadig – anders gaan jy nie vat kry aan dié streek nie. Hier is ons agt dae lange
toerplan (met seekos elke dag!)
Die Weskus adverteer homself nie wyd nie. Hier word nie van dakke af geskree nie – die
landskap en sy mense kom kruip stadig onder jou vel in.
Dis in die sout snoek-en-tjips gemaak van aartappels uit die Sandveld, wat jy sit en eet in
jou kar iewers op ’n kaai. Dis in die ooptes waardeur jy ry, en die wilde, yskoue Atlantiese
Oseaan wat altyd iewers op die gesigseinder wag. Dis wanneer mense jou hand stewig
skud, jou in die oë kyk en vra hoe dit met jou gaan.
Op hierdie agt dae lange toerplan gaan jy daai mense ontmoet en hope seekos eet. Jy kan
die toerplan maklik uitrek tot twee weke of, as jy haastig is, kan jy dit in vyf dae ook
kadraf. Maar moenie te haastig wees nie…
Jy kan dié roete met enige kar aandurf. Daar is wel grondpaaie; dus kan jou kar se pens
nie te laag hang nie. Jy kan die Weskus enige tyd van die jaar besoek. Sit in die skaduwee
as dit warm is. Stoot die deur toe as die wind waai. Trek ’n trui aan as die mis van die see
af inrol. En sê dankie as dit reën.

Lees gerus verder:

https://www.netwerk24.com/Weg/Reis/wyk-uit-na-die-weskus-20190306