Weskus Wynroete vier plaaslike 2021 Jongwynskou wenners

Get in a Good Space in the Weskus (Wesgro_Discoverctwc)
September 14, 2021
Namaqua West Coast Tourism Report 2020/2021
November 3, 2021
Show all

Weskus Wynroete vier plaaslike 2021 Jongwynskou wenners

Die Jaarlikse Suid Afrikaanse Jongwynskou het hierdie jaar virtueel plaas gevind as gevolg van COVID-19 beperkings. Wynmakers en Wingerdboukundiges van die Weskus Wynroete het Donderdagaand, 16 September 2021,by Teubes Wines by mekaar gekom om die jaar se inskrwyings in Streekverband te proe en die geleentheid te vier. Kampioen Trofees vir die streek is ook toegeken.

Baie dankie aan Teubes Wines vir die borg van die event en geselligheid. Die Jongwynskou kommitee vertrou dat daar weer in 2022 ‘n funksie sal gehou kan word sodat die produsente en publiek saam kan kuier.

Baie geluk aan die volgende kelders met hulle prestasies:

 

  • CDS GROEP WISSEL TROFEE

Kampioen Sauvignon Blanc : Teubes Wines

 

  • DISTILLERS KORP. BEPERK TROFEE

Kampioen Rooi Versnit:  Namaqua Wines – Spruitdrift

Shiraz Pinotage (ongehout)

Produsente: Shiraz – Pierre Fouche (Vleituin) ; Pinotage – Abe Colyn (Naauwkoes) ; JC van der Westhuizen (Gewel)

 

  • AEB AFRICA WISSEL TROFEE

Kampioen Pinotage:  Namaqua Wines – Spruitdrift

Produsent: JP de Villiers (Rusoord)

 

  • LALLEMAND WISSEL TROFEE

Kampioen Merlot:  Klawer Wynklder

Produsent: Basie van Lill (Arbeidseind)

 

  • PROTEA CHEMICALS WISSEL TROFEE

Goue medalje op Nasionale Wynskou

Kampioen Shiraz:  Namaqua Wines – Spruitdrift

Produsente:  Q Julie (Saamwerk) ; JW van Zyl (Die Brug) ; Jandré van Zyl (Karoovlakte)

 

  • NEDBANK WISSELTROFEE

Kampioen Wit Kultivar (ongehout):  Teubes Wines (Sauv Blanc)

 

  • EERSTE NASIONALE BANK TROFEE

Goue medalje en Klaswenner op Nasionale Wynskou

Kampioen Rooi Kultivar (ongehout):  Namaqua Wines – Spruitdrif

Malbec

Produsent:  Johan Louw (Burgersvlakte)

 

  • MOUNTAIN RIVER GROUP WISSEL TROFEE

Kampioen Droë Rooi Kultivar met Hout:  Namaqua Wines – Shiraz

Produsente:  Q Julie (Saamwerk) ; JW van Zyl (Die Brug) ; Jandré van Zyl (Karoovlakte)

 

  • ABSA PRODUSENTE BEKER

Teubes Wines

 

  • WEMMIE VAN ZYL

Namaqua Wines

 

  • KWV KAMPIOENWYN

Namaqua Wines – Spruitdrif

Malbec: Klaswenner op Suid Afrikaanse Nasionale Jongwynskou

Produsent:  Johan Louw (Burgersvlakte)