Rooibos Limited open nuwe besoekersentrum en teekamer (Vrouekeur)

Oor berge en kanale (Rapport)
July 22, 2019
Die Burger Blombylaag 2019
August 20, 2019

Rooibos Limited open nuwe besoekersentrum en teekamer (Vrouekeur)

Rooibos Limited het pas sy nuwe besoekersentrum en teekamer in die hartland van die rooiboswêreld, op Clanwilliam, geopen
Deur MARYKE ROBERTS
Foto’s Maryke Roberts

House of Rooibos is nie net ’n lekker teekamer en kuierplek nie, daar is ook ‘n winkeltjie én videoaanbiedings
wat die rooibos-boerdery verduidelik. House of Rooibos bied ’n lekker versnaperingbord
met verskillende soorte rooibostee en ander peuselhappies om op die stoep van die
gerestoureerde ou huis of in die tuin te geniet.
Gerda de Wet, Rooibos Limited se skakelpersoon, het by die openingsgeleentheid aan gaste gesê
dat sy baie opgewonde oor rooibos se nuwe tuiste is. Die gebou is sentraal en omdat rooibos so
’n integrale deel van die gemeenskap en die omgewing se toerisme-aanbieding is, was dit
belangrik om ’n besoekersentrum en teekamer in die dorp se sakekern te kry.
“Die groter doel van die teekamer is om vir besoekers ’n omvattende rooibos-ervaring te gee. Nie
alleen het ons kort video’s wat die hele proses visueel verduidelik nie, maar die inligtingsborde is
ook in agt tale. Daar is QR-kodes, wat besoekers in staat stel om die proses in hul eie taal te volg.”

Lees gerus verder en kliek op die skakel:

Vrouekeur 18072019