Jy stap net skraps by die 50 km van Elandsbaai tot Strandfontein en meestal op die sagte seesand, maar die laaste dag hoog bo die branders op die rotswande van die Weskus. Maar voor jy jouself begin jammer kry oor die “harde stap”, moet ek vertel dat dié slack packing op sy beste is: Jy dra net jou peuselgoed en water; die res word van
gastehuis tot gastehuis vir jou aangery.
Dis Monika de Jager, bestuurder van Namaqua Weskus Toerisme op Vredendal, wat
daardie uitdrukking in my oë sien: Die jaar is te lank; alles is te vinnig en ek is
tegnologie-voos. “Jy moet saam met Anette teen die ongerepte Weskus gaan stap.
Die selfontdekking is onskatbaar,” sê sy een middag (Maryke Roberts)
Lees verder: