Silent Step se Shoreline of the San hike was ‘n “hemelse ervaring”

The List, Slow Down Towns (INTREPID EXPLORER)
April 30, 2019
Knersvlakte (West Coast Escape Magazine)
May 7, 2019

Silent Step se Shoreline of the San hike was ‘n “hemelse ervaring”

Namqua Weskus Toerisme het die voorreg gehad om saam met een van ons lede, Silent Steps, die Shoreline of the San hike te stap.  Ons het oor die loop van 4 dae gestap al langs die see van Elandsbaai tot in Strandfontein.  Hierdie was nie net ‘n staptog nie, dit was dit en nog meer! Dit was ‘n tyd vir rustig raak en die prag van ons Weskus in te neem, tyd vir oefen, afskakel, te veel en te lekker eet.  Vriendskappe is gevorm met baie gelag en lekker wyn!  Daar was bederf en verrassings om elke draai, voorwaar ‘n ervaring wat ons weer sal wil beleef en verseker sal kan aanbeveel.

Die ervaring begin al op die Vrydag waar ons mekaar in Elandsbaai Hotel ontmoet vir ‘n kort ‘briefing’ en bekendstelling aan die span van Silent Steps, Anette, Johnny en Sanna.  Daarna is ons met die shuttle gevat na Bobbejaansberg waar boesman tekeninge te sien is.

Dag 1  stap. Elandsbaai tot Steenboksfontein

Hierdie is die verste wat jy sal stap, 17km! maar Anette beplan dit haarfyn en ons stap met laagwater en op lekker harde sand.  Wat ‘n pragtige kuslyn, afgesonder en rustig.  Johnny is ons gids vir die volgende 2 dae en sy kennis en stories is goud werd.

Ander verrassings & hoogtepunte:

  • Middag ete deur Plaaslike inwoner, Madelein Visser en die mooi uitsig oor  by Eaglesnest Verblyf
  • Oom Herman se trekker rit deur die veld, en geselsies oor die geskiedenis van die omgewing,
  • Tannie Kitta se Plaaskombuis ete (dink boerekos , AGA stoof en doerie tyd spook stories)

Dag 2 stap. Steenbokfontein na Lambertsbaai

12km van dik sand…. (Johnny gee my raad oor hoe om die dik sand te oorwin!) en die geselskap het dit darm laat voel of ons dit tjoef tjaf gestap het.  Nog afsondering, nog mooi Weskus kusslyn. Alles soos ‘n droom

Ander verrassings & hoogtepunte:

  • Muisbosskerm ete. Lê weg in van vars seekos tot waterblommetjie bredie

Dag 3 stap. Lamberstbaai na Doorspring

Nog ‘n stywe stap van 13km, ons volg reuse swerm duikers wat in hul bekende V formasies vlieg. Reuse swerms wat kort kort op die strand kom rus.   Iets besonders om te aanskou.

Ander verrassings & hoogtepunte:

  • Oggend bootrit uit op Lambertsbaai hawe, sien dolfyne, 100de robbe wat ons omring en 1000de voëls wat opstyg en land.
  • Fryers Cove Vineyards & Jetty Restaurant in Doringbaai. Wynproe en lekker kos reg op die Jetty

Dag 4 stap. Doringbaai na Strandfontein

Ons word wakker op ‘n mistige oggend in Doringbaai, regte Weskus weer.  Dis die laaste 10km stap tussen Doringbaai en Strandfontein.

Ander verrassings & hoogtepunte:

  • Thornbay Accommodation se bederf ontbyt
  • Die angswekende kranse op die roete.
  • Die eindpunt, met sy vonkelwyn as belonging.

Ons eindig ons stap in ‘Die Hel’ by Strandfontein.  Maar die 52km was vir ons ‘n Hemelse ervaring.

  • Silent Steps doen verskeie staproetes. Kontak Anette direk vir meer inligting.
  • volg die skakel vir alle kontak details en opkomende avonture:

    Homepages – ARIES