Begin solank beplan wat jy en jou gesin hierdie somer wil doen en wat ter plekke julle met die
hulp van dié nut t ige gids gaan besoek. Ons hoop jy kry hier ’n paar wenke wat sal sorg dat julle die somer, en veral
somervakansie, gate uit geniet. As jy ’n gereelde leser van Buite was, sal van die plekke bekend lyk. Ons het
bestemmings soos Agulhas, Arniston, Albertinia en Aberdeen (die A-dorpe) op hierdie blad en die staptog van Elandsbaai na Strandfontein in die voetspore van die San op die blad hiernaas, afgestof vir hierdie fokus.
Lees meer: