Upcoming Events

Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Stap saam met Matzikama Hiking Klub (Oorlogskloof Natuur Reservaat)

September 2 @ 7:00 am - 5:00 pm

(Rameron Pigeon Route)

Kom en beleef weer die 5 dae staptog saam matzi hiking. Dis ń uitdaging stap van 52.4km wat ons oor 5 dae gaan doen. Dis vir ervare stappers en nie vir beginners nie, maar so die moeite werd.
Jy sal n slaapsak nodig hê en lekker paar skoene wat Al in geloop is. Matzi hiking se stappers se gees is reg en koppe op die regte plek so moet elk een sin wees. LET WEL die persoon wat saam wil stap moet teminste darm 1 of 2 keer deur die jaar saam my klub stap dat ek die stapper kan dophou ens. Die Klub is baie erg oor veiligheid en daar is reels betrokke en ek is erg op my veiligheids reels en hou daar by…..
Die stapper sal sy eie 5 dae kos dra en nie minder as 2L water nie. Die maandag sal ons braai by eerste hut. Dan volg die 2de dag wat ń baie groot uitdaging is. Dis nie ń maklike staptog nie, maar so die moeite werd na die tyd.Maak jou reg vir enige weer omstandighede. Dit kan in oog wink verander.
Ons gaan die maandag oggend nie later as 7 uur vertrek van Vanrhynsdorp dat ons 8 uur begin stap. Die stappers moet warm klere ook saam vat en ń reenjas.
Die 5 dae staptog sal R450 per stapper kos vir die 5 dae. Die geld moet nie later as in die eerste week van Augustus by my uitkom nie, want moet permitte gaan uit neem. Ongelukkig kan daar op die meeste net 10 stappers gaan so gaan click op die going knoppie op ons Matzi Hiking se facebook page as jy wil gaan. Gewig is baie belangrik so pak so klein en lig as moontlik
As daar nog enige iets ontduidelik is laat weet my gerus. Enige stappers met n gesondheids probleem moet asb my voor af laat weet, want veiligheid kom altyd eerste. 0769574005

Geniet die avontuur👣 👣 👣 – Christie

Details

Date:
September 2
Time:
7:00 am - 5:00 pm
Event Category: