Kontreikos en Mark

Vanaf 7 tot 15 Augustus.

Oop elke dag vanaf 10:00 tot 17:00 behalwe Sondae

Hoofstraat 45, Loeriesfontein

Kontak:  Riana 083 257 5765

Loeriesfontein op die suidelike rand van die Boesmanlandvlakte, is 64km noordoos van Niewoudtville geleë. Ongeveer 7km vanaf Niewoudtville, op die pad na Loeriesfontein (R357), val die Doringrivier 30m oor die steil krans. Dit vorm ‘n waterval wat na goeie reen baie indrukwekkend is.‘n Paar kilometer verder  op die R357  is die afrdraai na die Kokerboomwoud . Dit is die grootste Kokerboomwoud in die Suidelike halfrond. Sommige bome is tussen 200 en 300 jaar oud.

Die belangrikste ekonomiese bedryf van die distrik is skaap boerdery . Uitvoer dadels word ook in die area verbou. Hier is ook groot werkende soutmyne in die omgewing.

Die Fred Turner Windpompmuseum in Loeriesfontein is ‘n besoek werd. Dit huisves 30 verskillende windpompe. Die ander uitstallings in die museum sluit in ‘n ossewa, bakkiespomp, perdemeul en ‘n ou dorsvloer.

In die blommeseisoen (Augustus – September) is die area met met ‘n groot verskeidenheid blomme oortrek.


 

 

2016-08-19
Loeriesfontein
083 257 5765
Jaarliks