Upcoming Events

Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Voëlkyk-Werswinkel aangebied deur Destination Cederberg (Clanwilliam)

October 13, 2021 @ 10:00 am - 1:00 pm

Die voëlkyk-werkswinkel begin om 10.00 op 13 Oktober by Velskoendraai. Die werkswinkel kos R50 per persoon en ‘n ligte vingerete is ingesluit. Bel Nelda by 0845172519 vir meer besonderhede oor die werkswinkel. Beperkte plekke beskikbaar – bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom.
Ons het ‘n voëltjie hoor fluit dat Salomé Willemse van Vanrhynsdorp [ Botuin Cottage ] , ‘n voëlkykkenner, ‘n werkswinkel by Velskoendraai gaan kom aanbied én dat ‘n nuwe voëlgids daar bekendgestel gaan word.
Salomé sal entoesiaste touwys maak oor hoe die profiel van ‘n voëlkyker lyk en sy sal gesels oor voëls in ons streek.
Party mense het beslis nie gedurende die grendeltydperk soos ‘n voël op ‘n tak gesit nie. Michelle Truter was een van dié mense. Sy het so ‘n paar jaar terug ‘n toergidskursus voltooi en tydens die kursus die situasie met ‘n valkoog dopgehou en besef daar is gapings in inligting wat beskikbaar is vir plaaslike toergidse.
Nelda, ‘n plaaslike toergids, [ Destination Cederberg ] beplan juis voëlkyk-ekspedisies in die nabye toekoms.
Michelle se gevoude voëlgids deel die bekendste 220 voëlsoorte in die Cederbergstreek, wat strek van Lambertsbaai tot Wupperthal, in drie groepe op: die land-, water- en seevoëls. Die gids se formaat is baie slim ontwerp, dit hanteer baie maklik, is gelamineer en is waterdig, gee voëlname in Engels en Afrikaans en mens kan met pen die voëls afmerk wat jy reeds gesien het. Die gids kos R110 per eksemplaar of R80 as jy 10 of meer koop.

Details

Date:
October 13, 2021
Time:
10:00 am - 1:00 pm
Event Category: