Eers swoeg, dan kuier in dié paradys (Buite Burger)

Namaqua X – Eerste van sy soort in Matzikama aangebied (Ons Kontrei)
July 22, 2019
Sauvignon of the sea (Wine.co.za)
July 22, 2019

Eers swoeg, dan kuier in dié paradys (Buite Burger)

Die onlangse Namaqua-X Tri-uitdaging op die Namakwa-Weskus het die deelnemers so nou en dan in tale laat praat, skryf Jacques Marais.

“Suffer maak jou taffer” . . .jammer om so bietjie van die Rooitaal daar te gooi, maar nou ja! Dit is loshande die makste woorde wat ek met die kano-,draf- en bergfietsroete langs gehoor het. Daar was egter hope prag saam met die pyn, met ’n sonoproei al met die Olifantsrivier af tot by Papendorp, ’n rustige vissersdorpie naby die mond.
Ná 23 km op die water was dit tyd om spore te maak teen die see langs verby Deurspring, na my mening seker een van die mees asemrowende kuslyne in die Wes-Kaap. Strandfontein was die volgende oorgang, en van hier af was
dit ’n sanderige bergfietstrap al die pad tot by Die Keldery Restaurant van Namaqua Wines in Vredendal. Die Weskus het blykbaar vergeet dat dit winter is en die kwik het sommer tot naby die 40’s gestyg, wat beteken het dat van die ryers vir ’n wyle by Maskam Brewing Company vasgehaak het. Die kospotte (en wynkruike) van Die Keldery Restaurant het gelukkig selfs die agterosse tot in die kraal gelok, en soos gewoonlik was daar nie einde aan die Namakwalanders se makietie daai Saterdagaand nie. Hierdie multi-sportuitdaging word elke jaar in Mei aangebied,
en sluit in roei oor 23 km, 11 km se velddraf en 50 km se fietstrap – sou jy vir hierdie uitdaging kans sien?
Daar is ook ’n korter roete of duo vir sowel solo- as spaninskrywings.  Meer inligting: Besoek die webwerf
www.namaquawestcoast.com of www.quantumadventures. co.za

Lees gerus verder vir meer Namaqua-Weskus-doendinge en nuttige wenke deur om op die skakels hieronder te kliek:

Media24Bylae-BB-WesBuite-BB001-1

Media24Bylae-BB-WesBuite-BB002-2

Media24Bylae-BB-WesBuite-BB002-3